"Hallo Corrie, So nou en dan in mens se lewe neem jy n kans op n totaal onbekende, en tref jy n wenner sommer so uit die bloute. En dis wat ek gekry het met jou! Ons het eers vanmiddag die finale werk wat jy vir ons gedoen het gesien, en is so ongelooflik beindruk met jou produk! Ons kombuis is n droom--so pragtig--en al die ander skrynwerk wat jy gedoen het, is onoortreflik!  Die kaste, rakke, deure, laaie--alles is so mooi en netjies! Ons is werklik so gelukkig dat jy, met jou uitstekende vakmanskap en opregte werkstetiek, oor ons pad gekom het. Ons gaan jou met groot vrymoedigheid aanbeveel. Graag wil ek nog een dingetjie vra.  Sal dit vir jou moontlik wees om n skuifdeur tussen ons slaapkamer en aantrekkamer te sit? Ek dink jy het die afmetings. Laat ons asseblief weet of jy dit sal kan doen. Weereens baie dankie" Retha du Toit
Sent from my iPad